Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, LIEWE KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Al ooit gehoor van iemand wat die septer swaai? Daai gesegde verwys na Quiwin Maasdorp, die wêreld se no.1 male drummie!
NOOIT TE LAAT VIR ’N NUWE SEISOEN • Dié sangeres en aanbieder van die gospelreeks Koortjies ken van die lewe se storms en winterseisoene oorleef om seëvierend anderkant uit te kom
Vernuwing in Christus • Net soos die natuur uit sy winter-kokon klim, só kan ons ook besluit op vernuwing van die hart en siel deur ons Verlosser
VASHTI EN DUANE MAAK MOOI IN DIE WYNLANDE • Hul karakters het allesbehalwe ’n reguit liefdespaadjie, en wie weet watse drama nog kom, maar die akteurs agter Edmund en Shireen se lewensbootjies is op koers
WIE BESKERM ONS BESKERMERS? • Die selfdood van ’n Kaapse polisielid het opnuut dié vraag opgebring: Word genoeg gedoen om polisielede se geesteswelstand te beskerm?
WIE LAG LAASTE MET LASTER? • Wanneer is keyboard warriors se aanlyn kritiek iets ernstiger soos laster, en wat doen jy as jy deurloop?
WORCESTER SE OLIMPIESE TROTS • Diskus gooi met ’n klip en jare aaneen hardloop met dieselfde spykerskoene het dié twee uitblinkers geleer van uithou en aanhou
MEISIE,JY'S'N STER! • Die Beaulah: Queens van die Kaap-ster Veon Wentzel vertel hoe sy alter ego, Manila von Teez, hom na selfaanvaarding gelei het
‘N GEBORE LEIER • Sy's net 21, maar dié jong wêreldleier verskuif al vandat sy 13 is ras- en gelykheidsgrense, want aktivisme is in haar bloed
GEMAAK VIR DIE VERHOOG • Hy is in sy element voor ’n gehoor en leef sy droom uit in die vermaakbedryf, vertel dié komediant en musikant
SOUSE VIR DIE KOLE • Maak Braaidag spesiaal met ’n marinade vir jou vleisie of hoender op die rooster – ons gee jou ses sulke souse om van te kies en keur
LENTEROKKE • Daar is niks so lekker in die warmer weer as om in gemaklike, mooi lenterokke te pryk nie. Hier is van ons gunsteling-snitte en style
VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?
VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
8 TOETSE VIR BETER GESONDHEID • Dié eenvoudige tuistoetse kan aandui of jy gesond is of ’n paar leefstylaanpassings moet maak
AS JY'N BEHEERVRAAT IS … • Om beheer te wil hê, is dikwels ’n manier vir sommige mense om angs te verwerk. Maar hoe keer jy dat dit skade aanrig?
VERSEKER BESITTINGS WAT DIEWE LOK • Volgens sekuriteitsmaatskappye is elektroniese hekmotors, gasbottels en jou kar se tyres en rims van die items bo-aan diewe se inkopielysie . . .
OLIES VIR JOU KWALE • Aromaterapie – die gebruik van geurige olies vir welstand en ontspanning – raak ál gewilder. Dis wat jy moet weet
VLIEG HOOG, MEISIEKIND! • Dis tussen die wolke waar die lewe se geite in plek val vir dié jong vrouevlieënier
’N SENSITIEWE SAAK • Oor- of ondersensitiwiteit kan emosionele trauma, angs en sosiale onttrekking by kinders veroorsaak
SA SE 12 AMPTELIKE TALE • Met 12 amptelike tale is dit maklik om te verstaan waarom ons land ook die ‘reënboognasie’ genoem word!
SOEK-SOEK • DAAR IS 10 VERSTEEKTE ITEMS IN HIERDIE PRENT. KYK OF JY ALMAL KAN OPSPOOR.
SPEEL-SPEEL • Kinders, kry julle mammie en daddy dat almal lekker kan saamspeel!
STER-BLOKRAAI
WEN R1...